Fillosilikaat

Fillosilikate (vanaf die Grieks φύλλον phyllon, blaar), vorm parallelle velle (blaaie) van silikaattetraëders. Hierdie tetraëders vorm 'n 2-dimensionele raamwerk, waar die individuele tetraëders met mekaar verbind is. In hierdie 2-dimensionele raamwerk of vel, is die bindings tussen die tetraëders sterk, maar die bindings tussen die verskillende velle is swak, aangesien die SiO tetraëders nie tussen velle met mekaar verbind is nie. Die Si:O verhouding is 2:5.

Nickel–Strunz-klassifikasie: 09.E. Alle fillosilikate is gehidreer met of water of hidroksielgroepe aangeheg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy